Gedagte vir die dag: Die balans-toertjie

vrou_bybel_bid_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Om geestelik te oefen om fiks te bly deur God te dien, is regtig die moeite werd. Dit help ’n mens op alle maniere, vir die lewe hier op aarde én die lewe wat vir ons wag in die toekoms. (1 Timoteus 4:8)

Ons vroue sê soms vir mekaar: “Ek moet ook altyd alles vir almal wees.” Ja, dis waar, soms vang dit ons dat ons “allesdoeners” moet wees. Ons word mos ook moeg en wil mos ook soms gepamperlang word.

Ondervinding het my egter geleer dat daar maar één mens is wat vir balans in my lewe kan sorg: ek! Net ék kan sorg dat ek – te midde van al die verantwoordelikhede van vrouwees – steeds by my eie behoeftes uitkom. Dis my verantwoordelikheid om tyd te maak vir my stiltetyd, vir rustig wees, vir mý bederf-tyd. Daarom wil ek jou aanmoedig om te alle tye jouself ook as prioriteit te beskou. Maak tyd vir dié dinge wat vir jou belangrik is. Maak tyd om vróú te wees!

In ons rolle as ma’s, dogters, oumas, vriendinne, werkers, huweliksmaats, minnaars … is dit belangrik om die rol vróúwees ook te geniet. Gun jouself dit!

Help my in die kuns van lewensbalans, Trooster-God!

Bron:
Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rita Labuschagne ·

Dis waar. Ons vroue vergeet heeltemal van onsself en wanneer die kinders uit die huis is,ons heeltemal verlore!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.