Gedagte vir die dag:  Die beste geskenk

familie_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

As sondige mense soos julle dan goed weet om goeie dinge aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle hemelse Vader goeie dinge gee aan hulle wat dit van Hom vra! (Matteus 7:11)

Die meeste ouers sal alles doen wat hulle kan om te voorsien in presies wat hulle kinders vir spesiale geleenthede soos verjaarsdae en Kersfees wil hê. Dit skep by ons ’n gevoel van vreugde om ons kinders te seën terwyl ons kyk hoe hulle ure lank met dié item speel wat hulle wou gehad het en wat ons voorsien het.

God het ons kinders liewer as wat ons hulle ooit kan liefhê en Hy wil hulle met geskenke seën wat ons ons nie eens kan indink nie … en saam met sy geskenke kom onuitspreeklike vreugde en die ewige lewe. Daarom is dit belangrik dat ons as ouers ons kinders moet help om Christus reeds van jongs af te leer ken en om sy beloftes aan hulle te verstaan. Hy gee die beste geskenke en sy hulpbronne is onbeperk.

Dankie, Vader, vir die geskenk van die ewige lewe. Amen

Bron: Wysheid uit die Woord
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kornel ·

So waar, dit is lekker om n kind te leer van die Here.
EK gebruik nog my kinder Bybels.

Dankie dat die Here so goed is vir ons.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.