Gedagte vir die dag: Die boesem van die Vader

hands-by-Niecey-sm.jpg

Foto: jewelsofencouragement.com

As Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. En julle ken die weg na die plek waarheen Ek gaan. (Joh 14:3-4)

Nadat Jesus gegaan het na die plek waar die dissipels Hom nie kon volg nie, het Hy gegaan na die plek waarheen hulle Hom wel kon volg – die boesem van die Vader. Dié plek wat Hy vir hulle gereed gemaak het. Dit is die vrug van Jesus se hele bediening: Om ons te versoen met die Vader.

Versoening beteken nie bloot vergifnis nie. Dis meer as dit.  Dit is vergifnis én ‘n intieme verhouding met die God van die heelal. En die weg daarheen? Dit is Jesus self natuurlik! Hy is die weg na die hart van die Vader. Dit is waarheen Jesus ons wil neem met alles wat Hy sê en doen.

Jesus se grootste vreugde is elkeen van ons wat deur Hom met die Vader versoen word.

Ek weet nie wat jou verhouding met jou aardse pa is nie, maar weet dit: God wil jou Pa wees. Sy bors is waar jy hoort. Dit is waarvoor jy geskape was.

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.