Gedagte vir die dag:  Die Bybel, wat ’n geskenk!            

Bybel_boek_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

U woord, Here, is vir altyd, dit staan vas in die hemel. (Psalm 119:89)

Ek glo die Bybel is die beste geskenk wat God ooit aan die mens gegee het. Al die goeie dinge oor die Verlosser van die wêreld word deur hierdie Boek aan ons oorgedra. Ek is al telkemale tot op my knieë gedwing deur die oorweldigende oortuiging dat ek nêrens anders het om te gaan nie. ~ Abraham Lincoln

Dankie, Here God, vir u Woord. Laat dit vir ons die lig op ons pad wees en die riglyn vir ons lewe soos U dit bedoel het. Amen

Bron: Wysheid uit die Woord
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Agie ·

AMEN
Here, dankie vir U WOORD
Dit is ‘n onuitputlike skatkamer met kennis.

Dries ·

Die Bybel is my kompas in die lewe. Die Geskrif wat die goddeloses al van eeue gelede al probeer verdelg kry, maar nooit sal slaag nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.