Gedagte vir die dag: Die diepte van aanbidding

man-kniel-gebed.jpg

Foto: imgarcade.com

My Vader, as hierdie lydensbeker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied. (Matt 26:42)

In die hitte van krisis en lyding is dit die natuurlikste ding om te vra dat God jou daarvan sal verlos. Maar vir die kind van God is daar iets belangriker selfs as verlossing van krisis, en dit is die wil van God. Die kind van God begeer om aan sy wil onderwerp te wees meer as vrywaring van krisis en lyding.

Dalk vra jy hoe lyding ooit die wil van God kan wees. Dis nie soseer die lyding wat belangrik is as wat dit die gevolg van lyding is nie. Jesus se lyding het verlossing gebring. Die dissipels se lyding het die getuienis van die waarheid van God gebring. God sien die groter prentjie. Om jou aan God se wil te onderwerp, is om deel van die groter prentjie te wees.

Is jy bereid om jou aan God se wil te onderwerp selfs al lei dit jou deur lyding? Indien wel, sal jou lyding groot heerlikheid bewerk. Indien nie, sal jou lyding vrugteloos wees.

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.