Gedagte vir die dag: Die Een op wie jy kan vertrou

hande-kind.jpg

Argieffoto

Hy is die Een op wie jy jou lewe lank kan vertrou. (Jes 33:6)

’n Mens hoor dikwels iemand wat sê dat hy of sy nie maklik ander mense vertrou nie. Jy het dit dalk al self gesê. Ons almal het al seergekry, ons almal is al verraai deur iemand wat ons gedink het ons kan vertrou. Niemand is regtig van hierdie pyn gevrywaar nie. Wat egter belangrik is, is hoe ons op hierdie seer reageer. Ons is soms so seergemaak dat ons selfs ons vertroue in God verloor.

Tog lees ons in die Bybel ons kan ons lewe lank op God vertrou. Ons vertroue in mense kan dalk geskaad word, maar God sal ons nooit verraai of in die steek laat nie. Ons moenie toelaat dat ons ontnugtering in mense die res van ons lewe beïnvloed nie – ons raak dalk so vasbeslote om die een wat ons verraai het terug te kry, dat dit ons heeltemal verbitterd maak.

Laat vandag nog jou drang om te vergeld gaan. Vra die Here om jou te help om te weet wie jy kan vertrou, en weet ver seker: Hy sal jou nooit in die steek laat nie.

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.