Gedagte vir die dag: Die Eienaar se handleiding

ATTACHMENT DETAILS Gestoor. Bybel_blaar_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om ons te onderrig, die verkeerde te weerlê, om ons tereg te wys en om die regte leefstyl by ons te kweek. Dit is God se manier om sy mense voor te berei vir hulle taak, ten volle toegerus vir elke goeie ding wat Hy wil hê hulle moet doen. (2 Timoteus 3:16-17)

Elke nuwe motor het ’n handleiding propvol nuttige inligting en advies. Die vervaardigers maak daarmee seker dat jy al die gegewens het om so ’n duur en ingewikkelde stuk masjinerie te laat werk en in stand te hou.

Die mens, die liefdevolle Skepper se handewerk, is tog oneindig meer waardevol en kompleks. In ’n verwarrende en gevaarlike wêreld het ons die regte sorg en leiding nodig. God weet goed hoe dié stuk “masjinerie” werk, maar óns het die Eienaar se handleiding aan ons nodig: die Bybel. Die Woord van God bevat alles wat ons nodig het om ’n regte lewenswyse te kweek. Dit leer ons wat die waarheid is, wys verkeerdhede in ons lewe uit, bestry dwalinge en leer ons dan hoe om reg te lewe. God se Woord rus ons toe “vir elke goeie ding wat Hy wil hê ons moet doen”.

“Die woord van God is vol lewenskrag en energie. Dit is skerper as ’n swaard wat twee skerp kante het. Dit sny diep tot binne-in ons innerlikste wese, tot in ons gewrigte en murg. Dit vlek ons diepste motiewe en oorwegings oop” (Heb. 4:12). In elke gelykenis, elke profesie, elke lering in hierdie Boek konfronteer God ons met Homself, en leer ons hoe ons moet leef om sy hart te verbly.

Die Bybel is God se handleiding aan ons, sy geestelike noodhulptassie en sy groot liefdesbrief. Lees dit, bestudeer dit en pas die beginsels daarin toe.

Bron:
My Stiltetyd-Oordenking
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

OWO ·

Die Bybel bly die top verkoper in die wêreld.Die algemene inhoud kan in drie dele ingedeel word:
God en die mensdom (Gen1-11)
God en Israel (Gen 12-Mal 4)
Jesus en die vroeë Christene (Nuwe Testament)
Die Bybel soos ons hom vandag ken, bestaan sedert die vierde eeu.Die Nuwe Testament kom vir die eerste keer in 367 nC voor en die Ou Testament ongeveer 90 nC waar die Jode finaal by Jamnia besluit het oor die 39 boeke soos ons dit vandag in die Bybel van die Protestante het.

Maria ·

Ek smile die stuk van more lees. Ons klomp mense stry van more oor lyfstraf ontwettig gister se berig. Daar is +/- 41 stukke in bybel uitgehaal woord van waarheid oor lyfstraf. en die kantoor doodstilte raak met skok aangekyk besef ken so min uit bybels intersant .

Koos ·

Die bybel wat die gods geïnspireede woord is van die liefdevolle god het al te veel wreedhede soos slawerny en offers wat die god vereis en aanbeveel het. Lev27 vers 28 is skokkend om die minste te sê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.