Gedagte vir die dag: Die engel in jou

vrou_stiltetyd_gebed_genade.jpg

Foto: crosswalk.com

Dit is die Here wat wysheid gee. Sy woorde gee kennis en insig. Hy laat hulle wat reg leef, sukses behaal. (Spreuke 2:6-7)

Voel jy ook soms nie volledig nie? So asof daar ’n helfte van jou is wat weg is? Asof jy maar net nie heeltemal “heel” is nie? Miskien is dit omdat jy – vir so lank as wat jy leef – gedurig geskep en herskep word. Want God is nooit klaar met jou nie. Daagliks probeer Hy steeds om die rowwe kante van sy kunswerk weg te kap, die growwe dele af te vyl en dit wat nie daar hoort nie, skoon te maak. Onverpoos is die groot Beeldhouer besig om jou mooier, beter, suiwerder … meer soos Hy te maak. Want Hy weet, soos Michelangelo gesê het: “I saw the angel in the marble and carved until I set him free.”

Wanneer jy soms onklaar voel, weet dis God wat nog nie ophou werk het aan jou nie. As dit met tye voel op die beitel hard in jou inslaan, is dit dalk sy manier om onnodige dinge weg te kap. Want Hy – jou Skepper – gaan nie ophou om aan jou te werk nie. Hy het jou té lief.

Jou Vader sien die engel – dit wat jy kan word – in jou en sal aan jou bly skaaf … totdat daardie volmaakte jy vry is.

Vorm en maak my tot u wil. Heeltyd, Here.

Bron:
Jou voetpad na vrede deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jenny thom ·

Wat ‘n wonderlike verhaal. Julle het so ‘n fantastiese blad, ‘n mens kan die hele dag by jul spandeer sonder om 1 ding 2 keer te kyk. Die tyd vlieg as ek saam met julle kuier. Somtyds deur die trane heen, somtyds met ‘n glimlag en ‘n boodskap of lied wat jy eenvoudig moet aanstuur.
Baie dankie vir julle, jul word opreg waardeer.
(het julle nie ook ‘n werksoek-hoekie vir ons werkloses nie? Sekerlik is daar iemand van ons volk wie van ons dienste gebruik kan maak)

Sune van Heerden ·

Dagsê Jenny

Dankie vir die mooi woorde, ons waardeer dit!
Ons het ongelukkig nog nie op die oomblik ‘n plan om ‘n werksoek-hoekie beskikbaar te maak nie.

Ek hoop jy kuier nog sommer baie lekker verder op Maroela!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.