Gedagte vir die dag: Die enigste Lig

Sonsopkoms-strand-Nathan-Steyn.jpg

Foto: Nathan Steyn

Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie. (Jak 1:17)

Jakobus was die broer van Jesus Christus. Hy het saam met Hom in die huis grootgeword. Hy was die jonger boetie, hy het opgekyk na Jesus en het saam met Jesus geleef. Dit wat Jakobus skryf, moet tog sekerlik spruit uit sy belewenis saam met Jesus. Hy het God se lig eerstehands ervaar.

Die duiwel wil ons oortuig dat ons nie eintlik hierdie lig kan vertrou nie – kyk hoe lyk die wêreld dan! Hy wil hê ons moenie ons lewens aan hierdie lig toevertrou nie. Maar ons weet tog die bose kan die Lig nie verdra nie.

Ons kan nie sonder hierdie Lig in ons lewe funksioneer nie. Ons moet beheer neem van ons emosies en die duiwel kragtig teëstaan. Ons moet ten volle op God vertrou en ons lewens in sy hande oorlaat. Hoe kan ons enigsins iets anders wil doen? Hier by Jakobus kry ons ’n wonderlike getuigskrif van die Lig.

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.