Gedagte vir die dag: Die ewige lewe

reenboog_perde_veld_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

En dit is die inhoud van sy getuienis: God het aan ons die ewige lewe gegee, en dié lewe bestaan in ’n hegte verhouding met sy Seun. Hy wat deel het aan die Seun, het nou reeds die ewige lewe; wie nie deel het aan die Seun van God nie, het ook nie deel aan die ewige lewe nie. (1 Johannes 5:11-12)

Die getuienis is baie eenvoudig: Die persoon wat Jesus in sy hart het, het die ewige lewe. En die persoon wat Jesus nie in sy lewe het nie, het hoegenaamd geen lewe nie – nie in hierdie lewe of die een hierná nie.

Daar was op ’n stadium ’n klein seuntjie genaamd Thoko in die kinderhuis op die plaas. Hy was so vier jaar oud en terminaal siek. Hy was dol daaroor om saam met my perd te ry; daarom sou ek ’n kussing vat en hom op my perd laat sit. Ek sou dan agter hom op die perd sit en so sou ons ry. Terwyl ons gery het, sou ons oor die ewige lewe praat – dis reg, selfs al was hy so jonk was sy fokus op die hemel en die ewige lewe. Hy het vir my gesê hy wag dat Jesus hom met ’n wit perd kom haal. Die dag toe Jesus hom kom haal het, was klein Thoko meer as gereed.

Ek wil jou vandag vra: Waarop fokus jy? Fokus jy op die probleme hier op aarde, of fokus jy op die hemel?

C.S. Lewis het gesê: “Daar wag baie beter dinge op ons as die dinge wat ons agterlaat.” Dalk moet jy vandag ook net ’n gebed bid en vir Jesus vra om in jou lewe in te kom en jou Verlosser te wees. Sonder Hom is daar nie ’n toekoms nie. Ons loof God omdat Hy ons belowe het dat Hy gaan terugkom en dié wat in Hom glo, gaan saamneem om vir ewig by Hom te woon.

Bron: Alles wat ek nodig het deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.