Gedagte vir die dag: Die ewige lewe

man_uitgestrekte_arms.jpg

praisethelord.com

Toe sê Jesus vir haar: ‘Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?’ (Johannes 11:25–26)

Ons het al almal geliefdes aan die dood afgestaan, ons weet hoe dit voel om afskeid te neem. Jesus se vriend, Lasarus, was al vier dae dood toe Hy eindelik in Betanië aankom. Marta hardloop Hom op pad tegemoet en in die gesprek wat volg, verseker Jesus haar dat haar broer uit die dood sal opstaan. Sy het wel geglo dat Lasarus op die oordeelsdag sal opstaan. Maar Jesus het seker gemaak dat sy weet wat dit beteken om self deel te kry aan die opstanding.

Hy, Jesus, is nie net ’n geseënde van God nie, Hy is die Christus, die Een wat na die wêreld toe moes kom. Hy is self God en dié wat in Hom glo, sal in ewigheid nooit sterf nie.

Sou Hy sulke beloftes maak en dit nie hou nie? Nee, Jesus is betroubaar, elke woord wat uit sy mond kom, is waar. Wanneer Hy van sy dissipels af¬skeid neem, verseker Hy hulle dat daar baie woonplek in die huis van sy Vader is en dat Hy gaan om vir hulle plek gereed te maak. Op ’n vraag van Tomas antwoord Hy: ‘Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie’ (Joh 14:6).

Ook vir my en jou sê Hy presies wat ons moet doen om eendag vir ewig te lewe. Glo jy dat Jesus die enigste weg tot saligheid is?

Dankie, Jesus, dat U ons so liefhet dat U ons telkens daaraan herinner. Dankie dat U dit by herhaling so duidelik stel dat U die enigste weg na die Vaderhuis is.

Bron:
Liefde vir elke dag deur Helena Hugo
Uitgewer: Struik Christian Media

Boeke deur Helena Hugo is nou beskikbaar by CUM Boeke
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Herman Louw ·

Verseker ja. Ek glo dat JESUS CHRISTUS die enigste weg na die ewige lewe is.

Hendrik ·

Ja ek glo met my hele hard U is die weg na die ewige lewe. Amen

Louis C Prinsloo ·

Kyk na die bewoording :) Sien die geestelike betekenis agter die verse. Ons is baie wat glo, soos die sand van die see. Tog spreek Jesus dat slegs die oorblyfsels sal gered word, bedoelend die wat in Christus lewe; wat so ook die ewige lewe het. Dit beteken nie ons kan don’t care voort lewe met gedagte van ewig lewe nie, maar ons moet in Christus lewe om so die boodskap agter ewige lewe te verstaan

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.