Gedagte vir die dag: Die ewige pad

Argieffoto (Foto: Chris Hilbert/Pixabay)

Deursoek my, o God, en ken my hart; toets my en ken my onrustige gemoed. Kyk of daar enige sondige neiging by my is, en lei my op die ewige pad. (Psalm 139:23-24)

God wil die onrustigheid in jou lewe hanteer; die verborge dinge in jou hart. Wanneer jy vrye teuels gee aan jou bekommernisse en gedagtes, neem dit jou fokus van God af weg en hou dit op jou gefokus. Jy hou op om op God se krag te vertrou om jou deur die moeilike tye te dra. Dit is die teelaarde vir sonde.

Ons moet God eerder vra om die vuil kolle op ons lampe uit te wys wat verhoed dat dit helder skyn. Wat gaan in jou lewe aan wat veroorsaak dat jou lewe en geloof traag geword het? Jy moet bid soos Dawid in vandag se teksvers.

Wanneer jy wedergebore word, sal jou ou ondersteuningstelsels en gewoontes nutteloos word. Gee daardie goddelose en onwaardige gedagtes oor aan God. Laat Hy jou gedagtes vernuwe en jou gees verfris. Jy moet jou hart voortdurend ondersoek om te kyk of daar onvergewensgesindheid, haat, afguns en selfsug in skuil. Daar kan dalk ’n verhouding wees wat jy moet uitsorteer. God wil jou help om dit alles te hanteer – Hy wil jou lei op die ewige pad.

Vader, dankie vir die werk wat U in my doen. Nie net red U my van die sonde nie, maar U vernuwe my gedagtes en vervang my sondige gesindheid en gedrag met u heilige weë. Dankie dat U nooit opgee met my nie. Amen.

Bron: Vrede in sy teenwoordigheid deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here Jesus my Middelaar en Verlosser, soms as ek nie weet hoe en wat om te bid nie daan tree U Gees in…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.