Gedagte vir die dag:  Die ewigheid is vir ewig

loop-saam-met-God

Foto: Theworddetective.wordpress.com

Die Here sal jou lig wees vir altyd. Jou dae van hartseer het op ’n einde gekom. (Jesaja 60:20)

Toe Jesus die eerste keer gekom het, was dit op die rug van ’n donkie. Hy het as ’n nederige Redder gekom. Hy het sy dissipels se voete gewas en aan ’n kruis gesterf. Wanneer Jesus terugkeer, sal Hy op die wolke kom en elke oog sal Hom sien. Hy sal terugkeer as die Koning van die konings en die Here van die here. Hy sal eens en vir altyd afreken met die duiwel. Dit sal ’n groot en skrikwekkende dag wees: die Oordeelsdag waar elke knie sal buig en elke tong sal bely (Filippense 2:10-11).

Moses bid in Psalm 90:12: “Leer ons ons dae só gebruik dat ons wysheid kan bekom.” Ons moet voorbereid en gereed wees vir Jesus se terugkeer; of vir ons om by Hom aan te sluit. Gebruik jou tyd oordeelkundig. Soos Billy Graham sê: “Ons dae is getel. Een van ons hoofdoelwitte in die lewe moet wees om voor te berei vir ons laaste dae. Die erfenis wat ons nalaat, lê nie net in ons besittings nie, maar in die kwaliteit van ons lewe. Die grootste vermorsing op aarde, iets wat nie herwin kan word nie, is die vermorsing van die tyd wat God elke dag vir ons gegee het.”

Vader, ek wil nie ’n oomblik van my lewe mors op spyt nie. Ek wil ’n goeie rentmeester wees van alles wat U aan my toevertrou het: tyd, verhoudings, werk, gawes. Ek gee alles vandag opnuut aan U oor. Amen.

Bron: Vrede in sy teenwoordigheid deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dankbaar ·

Dankie vir die skrif: Jes 60;20. Dit bring hoop en vertroosting.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.