Gedagte vir die dag: Die gawe van vriende

Foto: MabelAmber/pixabay.com

As ons optrede van die lig getuig, leef ons soos Hy wat in die lig is en het ons volledig deel aan mekaar, en die bloed van Jesus, sy Seun, maak ons skoon van elke sonde. (1 Johannes 1:7) 

Goeie vriende is ’n wonderlike geskenk, en gemeenskap tussen gelowiges is nog wonderliker omdat die lewende God belowe om in hulle midde te wees. Gelowiges het dieselfde perspektief op die lewe omdat hulle weet hulle sondes is vergewe, en dit beïnvloed hulle hede en toekoms.

Christelike gemeenskap bied ’n veilige plek waar ’n mens eerlik kan kommunikeer, mense bemoedig kan word om sterk te staan te midde van versoeking en vervolging, en vir bonatuurlike hulp kan vra om probleme te kan hanteer. Christelike leiers het ook gelowige ondersteuning nodig om sterk te kan staan in hulle oortuigings en voorbeelde te kan wees van gesonde verhoudings.

Soek jy dikwels die gemeenskap van medegelowiges op?

Bron: Op vaste rots
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.