Gedagte vir die dag: Die geheim

Boekevat - Perd in veld - Foto: C Brits

Foto: Christo Brits

Ek het lewenservaring opgedoen vir alle omstandighede, vir wanneer ek genoeg het om te eet én wanneer ek honger is, vir oorvloed én tekort. Ek kan alles doen deur Hom wat my krag gee. (Filippense 4:12-13)

Paulus het hierdie brief geskryf terwyl hy in Rome in die tronk was. Wat hy hier sê, weerspieël ’n ongewone houding teenoor die sekuriteit wat finansiële stabiliteit ’n mens kan bied. Hy is nie besonder beïndruk daardeur nie! In ons materialistiese tyd word ons aangemoedig om soveel geld moontlik te maak sodat ons in al ons behoeftes sal kan voorsien en rustig sal kan aftree. Wat Paulus hier verkondig, klink daarom vir ons belaglik, selfs gevaarlik.

Maar Paulus skryf dat hy ervaring het van hoe dit is om niks kort te kom nie, én om niks te hê nie. Hy het sowel ’n vol maag as honger ervaar. Hy weet wat dit is om baie en om min te hê. Die geheim van gelukkig wees ongeag jou situasie, sê hy, is om op Christus te vertrou vir die krag wat jy nodig het.

Wat van jou? Het jy op die oomblik finansiële probleme of is jy welaf? Het jy baie of net ’n bietjie? Wat jou situasie ook al is – vertrou op Christus. In tye van swaarkry het jy Hom nodig om jou te help om getrou te bly, om jou gebede om lewensonderhoud te verhoor, om jou te troos. In tye van oorvloed het jy Hom óók nodig – om jou te help om dan ook getrou te bly, om jou van oormatige selfvertroue, arrogansie en trots te bewaar.

In watter situasie ons ons ook al bevind, moet ons – soos Paulus – aanhou glo dat ons tot alles in staat is deur Christus wat ons krag gee.

Kan jy sê dat jy in enige moontlike situasie op Christus vertrou om jou die krag te gee wat jy nodig het?

Bron: My Stiltetyd-Oordenking
Uitgewer: Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Frieda ·

Dankie vir U in my lewe en dat ek hoor en luister na U woord. Amen.

En nou? ·

Ek kan nie verduidelik hoe baie ek vandag hierdie stukkie moes gelees het nie! Ek het gisteraand gedink dis dalk die einde…
…lees hierdie stukkie vandag en dis asof ek nuwe lewe het! Ek het dit nog nooit so gesien nie, dit het my klappe van my oe laat afval!
Baie dankie Maroela, julle het heel moontlik ‘n lewe gered!
God is ALLES!

Von ·

En nou….dankbaar vir elke dag se boodskap van hoop…Here Jesus ons eer U vir alles wat ons nodig het en in U Heilige Naam kan vra….Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.