Gedagte vir die dag: Die gemeenskap van gelowiges

Karoo_kerk_stiltetyd_pixabay.jpg

Argieffoto (Foto: maraisea/Pixabay)

Laat ons voortdurend aandag gee aan mekaar – oor hoe ons mekaar kan aanspoor tot liefde en goeie dade. (Hebreërs 10:24)

En laat ons tog nie – soos party gemeentelede die gewoonte het – versuim om die gemeentebyeenkomste by te woon nie. Kom ons moedig mekaar aan, nog meer omdat ons sien dat die dag van Christus se koms al hoe nader kom. (Hebreërs 10:25)

Ons naby vriende en familie het ’n baie sterk invloed op ons lewe. Hoe meer tyd ons saam deurbring, hoe meer het ons ook in gemeen. Ons deel in sekere vakansie en feestydtradisies. Ons skep saam herinneringe by ons gunsteling plekke. Ons lag dikwels vir dieselfde grappies en geniet dieselfde musiek. Ons weet wat mekaar irriteer en wat mekaar bly en opgewonde maak. Deur naby aan mekaar te leef, deel ons mekaar se vrese, toekomsdrome en probleme.

Daag die mense in jou lewe uit om uit te reik na ander. Moedig mekaar aan om ’n vriend te wees vir iemand wat  ’n vriend nodig het. Stel self ’n voorbeeld van vrygewigheid. Vergewe ander wat jou seergemaak het, en wys hoe genade lyk. Gelowiges moet mekaar dien en liefhê soos Jesus hulle liefhet.

Here, maak ons asseblief sterker in ons geloof soos wat ons U saam volg! Amen.

Bron: Hoop vir elke môre deur Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.