Die geskenk van vrede in Indonesië

‘n Nuwe gelowige in Kambodja wat bid (Foto verskaf)

Kersfeestyd herinner ons dat die seisoen aangebreek het vir families om weer, ná ʼn lang jaar se harde werk, saam te kom en vir ʼn oomblik die stilte te geniet. Dit herinner ons ook aan dit wat afgehandel is, en berei ons voor vir al die nuwe uitdagings wat 2021 sal bring. Maar, die Kersfees van 2020 gaan onherroeplik anders lyk en voel vir die meeste mense. Vanweë Covid-19 sal baie families nie bymekaar kan kom soos in die verlede nie, terwyl ander steeds sukkel om deur die trauma van verlies te werk. In hierdie duisternis is hopeloosheid onvermydelik, maar in die ewige Lig van Christus, vind ons opnuut weer ʼn lewende Hoop!

Dít is nou die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie.” 1 Joh. 1:5

In 2020 het lande wat gewoond is aan onbeperkte vryheid, reg oor die wêreld, ʼn voorsmaak gekry van ʼn lewe waar vryheid skielik weggeneem word. Die gevolg hiervan is dat vrees, depressie en selfmoord reg oor die wêreld geweldig toegeneem het. Waar omstandighede weer meer na normaal teruggekeer het, en veral waar mense nie van Christus weet nie, sal hierdie Kersfees maar net nog ʼn dag op hul kalender wees.

Indonesië word wêreldwyd as die grootste Moslem-land erken. ʼn Indonesiese vrou, Rica Rahim, het met desperaatheid gesoek na bevryding van die gevoel van angs wat haar lewe so lank regeer het.

Sy het veral gesmag na vrede wat sy glad nie in haar eie land en godsdiens kon vind nie. Rica het ʼn Christen-vriend gehad wat skynbaar ʼn lewe van vrede geniet het, wat haar nuuskierigheid geprikkel het, en haar gemotiveer het om ʼn kerkdiens by te woon. “Ek het uiteindelik besluit om ʼn kerkdiens in die stad by te woon. Dit was vir my ʼn baie vreemde dag, van die oomblik af wat ek by die deure ingestap het. Ek het niemand geken nie en agter in die kerk gaan sit. Ek het na die liedere en toe die preek geluister, en om een of ander rede het ek die week daarna teruggekeer om nog ʼn diens by te woon,” het Rica gesê.

Na afloop van haar derde kerkdiens het Rica skielik siek geword en in die hospitaal geëindig. Dit was toe, terwyl sy daar in haar hospitaalbed gelê het, dat haar hele lewe verander het. “Ek het ʼn ervaring gehad wat ek nie kan verduidelik nie. Ek het baie gehuil in die hospitaal. Nie omdat ek siek was nie, maar omdat ek weer die Persoon wat ek in die kerk aangevoel het, wou ontmoet — die figuur wat ek nie kon sien nie. Al wat ek gevoel het was hierdie onbeskryflike vrede terwyl ek in die kerk was.”

Haar swak gesondheid verhoed tans dat sy enige kerkdienste kan bywoon. Maar te danke aan die radio kan sy steeds die Woord van God hoor en in haar nuutgevonde geloof en vrede groei. “Elke aand wat ek na die radio luister raak ek sterker in Christus,” het sy gesê.

Kambodjaanse vrou ontvang ‘n radio (Foto verskaf)

Daar is vandag ongelukkig steeds honderde miljoene mense reg oor die wêreld wat nooit tot die kennis van Jesus Christus sal kom nie; wat nooit hierdie bonatuurlike vrede en lewe in Hom sal geniet nie. Min van hierdie mense maak kennis met die Here deur die kerk op die naaste hoek met 1 500 lidmate. Hulle hoor nooit straatpredikers of die pragtige Christelike musiek waaraan ons gewoond is nie. Nee, as dit nie was vir Rica se gelowige vriend wat haar aan die Here en sy bonatuurlike lewe blootgestel het nie, sou sy vandag steeds nie oor die vrede beskik waarna sy vir so lank na gesmag het nie. En as dit ook nie was vir ons Christelike radiouitsendings wat daagliks wyd en syd oor Indonesië weerklink nie, sou sy nie geestelik kon groei en standvastigheid vind nie – veral in hierdie tyd waar sy as gevolg van siekte in haar huis vasgekluister is.

Is jy ook bereid om hierdie Kersfees die groot geskenk van vrede in Jesus met iemand anders te deel?

Hierdie Kersfees het jy die geleentheid om aan iemand soos Rica, in ʼn afgesonderde deel van die wêreld, die grootste geskenk – die goeie nuus van Jesus Christus te gee! Vir mense soos Rica wat geen direkte toegang tot die evangelie het nie, en in onkunde vasgevang is vanweë diskriminerende landswette, is ons radio- en mediabediening, hul enigste hoop. Neem asseblief met ons hande, word ʼn media-sendeling, en transformeer nie net individue nie, maar hele gemeenskappe en generasies met die goeie nuus van Jesus.

FEBA en FEBC is alreeds 75 jaar lank besig met hierdie grootse taak – ons nooi jou hartlik uit om die Here se goedheid en guns saam met ons te vier hierdie Kersfees! Help ons om die evangelie ook in 2021 na die onbereikte wêreld te bring.

Kontak ons gerus op 012 355 5708 of besoek ons webwerf, www.febaradio.co.za vir meer inligting oor ons wêreldwye bediening, asook hoe jy deel kan word van ʼn radikale oplossing in die lewens van miljoene vervolge, onbereikte mense.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.