Gedagte vir die dag: Die God van kindertjies

kinders_hardloop_veld_cannahealth_com.jpg

Foto: cannahealth.com

Vir ons lê belangrikheid in mag en status, maar God fokus op kinders, swakkes en weerloses. Wedergeborenes word kinders van God genoem en geleer om soos kinders te glo.

Laat God toe om jou kinderlike geloof te herstel. Jou hele lewe sal verander soos wat jou geloof groei.

Jesus se reaksie was: “Laat staan die kindertjies. Moenie hulle keer om na My toe te kom nie, want God se koninkryk is juis bedoel vir almal wat soos hulle is.” (Matteus 19:14)

Toe sê Jesus: “As julle nie met ander oë na die lewe begin kyk en soos die kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van God ingaan nie.” (Matteus 18:3)

Bron:
’n Anker vir die siel deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.