Gedagte vir die dag: Die goue straat en lewende fontein

Stiltetyd_fontein_water.jpg

Foto: library.chansonwater.com

Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie. (Joh 14:6)

Die Kerk (of Liggaam) van Jesus word in Openbaring uitgebeeld as ‘n groot goue stad op ‘n berg (Op 21 :9-27). Die stad is goud, want dit is die resultaat van God se werking.

In hierdie stad is ‘n goue straat. Net een goue straat. Die skrywer van Hebreërs noem dit die “nuwe en lewende weg” (Heb 10:20). Hierdie straat lei reguit na die troon van God – die boesem van die Vader. En wanneer ons na die troon kyk, sien ons ‘n rivier met lewende water wat uitstroom uit die troon en uit Christus wat daarop sit. Hierdie water is die waarheid van God wat lewe gee aan alma I wat dit drink. Dit is wie Jesus is. Hy is die goue straat en die lewende water van God se waarheid. Sonder Hom is daar niks.

Hoe meer ons van Christus leer, hoe meer ontdek ons om te leer! Jy kan jou hele lewe toewy om Jesus te ken sonder om ooit die diepte van God uit te put.

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.