Gedagte vir die dag: Die gratis geskenk

watervval_bome_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.co.za

Elkeen wat die water van die lewe wil hê, moet dit kom kry, verniet! (Openbaring 22:17)

Jesus sê: “Kry verniet.” Hy wil geen betaling hê nie. Hy vra nie spesiale gunste nie. As jy gewillig is, is jy genooi. Kom dus! Hy gee Homself aan dié wat Hom nodig het.

Hoeveel is daar nie wat ryk is aan hul eie goeie werke nie en daarom nie na Christus toe wil kom nie? “Ek weier om op dieselfde manier as vullisverwyderaars en prostitute gered te word,” sê hulle. Maar is daar enige ander pad na heerlikheid toe as die pad wat die dief gevolg het? Nee. Niemand sal op enige ander manier gered word nie. Mense wat só spog sal moontlik sonder die lewende water bly, maar elkeen wat die water van die lewe wil hê, moet dit kom kry, verniet!

Bron:  Elke nuwe dag deur Charles H. Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.