Ons is so deeglik bewus van die hoe mure van skeiding wat daar tussen mense bestaan. In die wêreld is daar onderskeid tussen rasse, gelowe, etniese groepe, kerke, ouderdomsgroepe, rykes en armes, geleerdes en ongeskooldes … Dis feitlik nimmereindigend. Maar Jesus breek die skeidingsmure tussen mense en mense, en mense en God af.
Jesus is ‘n Versoener en Hersteller. Wanneer jy jouself aan Hom oorgee, stel jy jou oop vir vergifnis, versoening, herstel, genesing, restourasie en verhoudings. Dit is die grootste hoop vir onsself en vir die wêreld.
Met U loop ek ‘n leër storm; met my God spring ek oor ‘n muur. (Psalm 18:30)
Christus het inderdaad vrede tussen ons gebring. Deur sy liggaam aan die kruis te gee het Hy die twee groepe een gemaak; ja, die muur van vyandskap het Hy afgebreek. (Efesiërs 2: 14)