Gedagte vir die dag: Die grootste lewensvervulling

sonsondergang_voels_vlieg_water_dam.jpg

Foto: werathah.com

Baie mense dink om kerk toe te gaan is waaroor alles gaan. Dit waarborg egter nie ’n verhouding met die Vader nie. Hoekom neem dit ons jare om ons knieë voor Jesus te buig in gehoorsaamheid aan ons roeping? Kom ons buig ons knieë en vra die Here Jesus om in alles ons Here, Vriend en lewensvervulling te wees.

U sal my leer om reg te lewe. Daar is niks wat iemand groter blydskap kan gee as om saam met U te wees nie. U gee altyd vir u kinders die heel beste. Hulle kry die heel mooiste wat die lewe aanbied by U. (Psalm 16:11, Die Boodskap)

Die Here sal jou altyd lei. Selfs in tye van droogte sal Hy voorsien in jou behoeftes. Hy sal jou gesond en sterk hou. Jy sal wees soos ’n tuin wat genoeg water kry, soos ’n fontein wat altyd aanhou vloei. (Jesaja 58:11)

Bron:
’n Anker vir die siel deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.