Gedagte vir die dag:  Die gulde geleentheid

Argieffoto (Foto: Chris Hilbert/Pixabay)

Jy sal ’n stem hoor sê: “Hier is die regte pad. Draai om en loop hierlangs.” (Jesaja 30:21)

Benjamin Franklin, die bekende staatsman, diplomaat en uitvinder van die VSA, was ook ’n praktiese man. Hy het eenkeer gesê: “Om suksesvol te wees, moet jy net so gou geleenthede aangryp as wat jy gevolgtrekkings maak.” Hy sou met Winston Churchill se siening oor geleenthede saamgestem het: “’n Pessimis sien die probleme in elke geleentheid; ’n optimis sien die geleentheid in elke probleem.”

God het onbeperkte geleenthede vir die een wat na Hom toe kom en die perfekte plek soek om Hom te dien, hetsy op tuisfront of in die buiteland – die lys is eindeloos.

Here God, help ons om raak te sien wanneer u geleenthede oor ons pad kom en dat ons vooraf reeds voorbereid sal wees om die posisie in te neem en die werk te doen. Amen

Bron: Wysheid uit die Woord
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

SNEL ·

Nohan, sulke goed moet plaasvind en hulle gaan al hoe meer verskyn. God het ons gewaarsku dat dit gaan gebeur…dis tekens van die eindtyd. As n volgeling van Jesus maak sulke goed my nie bang nie, maar eerder opgewonde dat die vieslike wêreld waarin ons leef tot n einde gaan kom en hoe meer dit gebeur hoe nader kom ons aan die tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.