Gedagte vir die dag: Die heerlikheid van die skepping

Nuwe-begin

Foto: Reint Dykema.

U alleen is die Here. U het die hemele, die hoë hemel en al die sterre gemaak. U het ook die aarde en die see en alles daar in gemaak. U gee lewe aan alles, die hemelse engele aanbid U. (Nehemia 9:6)

Ek geniet dit om na God se skepping te kyk. Dit laat my besef hoe groot en magtig ons God is. Waarlik, Hy is die almagtige God. Geen gebou kan God huisves nie; Hy is so groot. God vra in Jesaja 66:1 vir ons: “Kan julle ’n huis bou waarin Ek sal woon?” Baie pragtige katedrale is tot eer van God gebou. Dit is gebou deur mense wat ’n passie en ’n hart vir Jesus Christus gehad het. Hulle het dekades lank daaraan gewerk, soms hulle hele lewe lank, sodat hulle iets moois vir God kon skep.

Vir my is die Here se skepping die grootste katedraal wat nog ooit gebou is. Die ongelooflike skoonheid en verskeidenheid getuig van sy heerlikheid. Hierdie fisiese wêreld, so mooi soos dit is, is steeds net ’n skadu van wat kom. God belowe ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde wanneer Jesus terugkeer (vergelyk Jesaja 65:17). Geen oog het al gesien en geen verstand kan voorstel wat God vir dié wat Hom liefhet, voorberei nie (vergelyk 1 Korintiërs 2:9). Ek voel soos koning Dawid in Psalm 139:6: “Dié kennis laat my in verwondering, dit is vir my te hoog om te begryp!”

Almagtige Vader, u skepping wys daagliks vir my hoe wonderlik U is. Dankie dat die skoonheid van die natuur my vernuwe en verfris. U is majestueus en magtig. Amen.

Bron:
Vrede in sy teenwoordigheid deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ansa ·

Dankie vir mooi boodskap Ja dit is wonderlik om God se Grootheid so in die skepping te ervaar In die oggend vroeg die sonopkoms dit wys vir mens die heerlikheid van God die goue strale laat my dink dit moet ook so in Die Hemel lyk Tenspyte van die droogte sien ons nog steeds Sy grootheid in die kleinste veldblommetjie. Lekker dag vir almal

Sydney ·

Dankie, vir die afsluiting gebed te ere aan Hom wat voorsien Maroela media. Mag julle ook geseen word

Coenraad1 ·

Wat n vooruitsig, as Jesus weer gaan terug kom. Dan sal elke knie buig en tong bely dat Hy is die Skepper en Verlosser. n Mens ervaar die grootheid van God wanneer in die natuur rond beweeg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.