Gedagte vir die dag: Die Heilige Skrif

bybel-lig-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

U woord is ’n lamp vir my voete en ’n lig op my pad. (Psalm 119:105)

Dit is belangrik om te onthou dat die Bybel heilig is. Ons kan nie sê: “Ek glo sekere dele van die Bybel, maar die res is sommer ouvroustories” nie. ’n Mens kan dit nie doen nie. As jy net sekere dele van die Bybel glo, stel ons onsself bo God, en dit sal Hy nie toelaat nie.

Jy kan nie die wet plooi om jou te pas nie. Psalm 19:9 sê: “Die Here se bevele is reg, dit bring vreugde vir die hart. Die opdragte van die Here is duidelik; dit gee insig vir die lewe.” Ons Vader sal nie toelaat dat iemand sy woord verdraai nie. Dit is alles of niks.

Mense sê die groot evangelis Billy Graham het in ’n woud ingegaan en sy Bybel oopgemaak en op ’n boomstomp neergesit. Hy het op sy knieë neergeval en gesê: “Here, ek verstaan nie alles in u Woord nie, maar ek kies in geloof om die hele Bybel, van Genesis tot Openbaring, te glo.” En kyk net hoe die Here hom gebruik het!

Ek draai al vir 40 jaar na God se Woord vir leiding, en die Here het my nog nooit op die verkeerde pad gelei nie. Toe Jesus deur die duiwel versoek is, het Hy gesê: “Daar staan in die Skrif geskryf … ”

As Jesus die Woord gebruik het, moet ek en jy die Woord van God glo. Gebruik die Bybel as jou kompas en Hy sal jou veilig huis toe lei.

Bron: Alles wat ek nodig het deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gideon ·

Dankie Maroela Media vir die geestelike boodskappe. Indien moontlik kan ons bietjie boodskappe van dominees ook ontvang en nie net van Angus af nie asb

Andries ·

Alles in hierdie artikel is waar en reg. Dan volg die vraag: Wanneer gaan die kerk Matt 5:17 gehoorsaam en die SHABBAT in ere herstel, ADONAI se Feeste vier en die strewe om die TORAH uit te leef opneem? Om sodoende vrugte te dra wat by die bekering pas?

kaplyn ·

Mag die HERE vir jou Andries en vir Boekwurg van julle dwaal wee af weglei

Boekwurm ·

Gaan loer so bietjie na al die briewe wat gevind is oor die jare. Die universiteit het dit beskikbaar gestel aan almal. Hier is hulle webwerf:
https://manuscripts.csntm.org/
Wanneer jy dit bestudeer, sal jy sien hoe die bybel geskep is deur die mensdom deur die jare. Dit is baie interessant en kan gesien word hoe die bybel tydens verskeie vertaalings , woorde verwyder en bygevoeg is tot die voordeel van ander om by die tyd te bly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.