Gedagte vir die dag: Die hemel in aksie

(Foto: Unsplash)

“Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde.” (Openbaring 22:13)

’n Teoloog met die naam Dallas Willard is in ʼn onderhoud gevra of die punt van Christenskap is om in die hemel te kom wanneer jy sterf. Sy briljante antwoord was: No, the point of Christianity is to get to heaven before you die.

 Wanneer God in ons is, is die Alfa en die Omega in ons. En dít maak dat ons, ongeag ons omstandighede, kan bly hoop. Kan aanhou om midde-in die donkerte om en in ons, die lig te bly soek. Die hemel nou reeds kan leef en dit kan uitdeel.

God het ʼn ewigdurende nou geskep waarin Hy is. Die nou waarin ek en jy stoei met die lewe, waar ons oor ons eie gebroke menswees struikel, sukkel om die regte dinge te doen … is Hy! God se hemel lê daarin dat ons juis, ondanks die stukkend om en in ons, sy genade hier en nou kan ervaar. En daarom genade met myself kan hê en dit teenoor ander kan leef.

Die hemel is genade in aksie. Wanneer? … Vandág!

Maak my vandag … en môre  ’n kanaal van u hemelse genade, Vader.

Bron: Krag vir elke dag deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.