Gedagte vir die dag: Die Herder-Koning

Herder_skape_veld_stiltetyd.jpg

Foto: Carbonchurch.com

Hy sal na vore kom en sy volk lei deur die krag wat die Here hom gee. (Miga 5:3)

Christus regeer in die kerk as ’n Herder-Koning. Hy het die oppergesag van ’n wyse herder oor sy behoeftige en liefdevolle trop. Hy vra en ontvang die gewillige gehoorsaamheid van sy goedversorgde skape. Hulle bied dit met vreugde aan hul geliefde Herder, wie se stem hulle so goed ken.

Sy heerskappy is prakties. Sy oë slaap nooit nie. Sy hande rus nooit nie. Sy hart klop nooit sonder liefde nie. Sy heerskappy is almagtig. Die Een wat vir die belange van sy mense sorg, is dieselfde God wat sy lewe aan die kruis neergelê het. Ons is bevoorreg om aan so ’n Herder te behoort, wie se menslikheid op ons inwerk en wie se goddelikheid ons beskerm.

Bron: Elke nuwe dag deur Charles H. Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Delia ·

Dankie Here dat U ons vashou in goeie en minder goeie tye.
Ons bid vir ons land en al ons mense en die wat oor ons aangestel is.

Helien ·

Dankie Vader dat U altyd by ons is deur swaar kry en goeie tye. Groot voorreg om U te ken en in ons lewens te he. Baie lief vir U.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.