Gedagte vir die dag: Die Here het regverdige dade lief

see_sonsopkoms_hart_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die Here is regverdig en het regverdige dade lief. Hulle wat doen wat reg is, sal Hom sien.(Psalm 11:7)

In so baie dele van die samelewing val wet en orde uitmekaar. ’n Samelewing word op waarheid gebou, en wanneer hierdie waarheid bevraagteken of ontken word, verkrummel die fondament van die samelewing. Wat ons moet onthou, is dat God soms alles laat kantel om ons terug te bring na ware aanbidding. Maar ongeag wat gebeur, ons kan altyd op Hom vertrou.

Hier is God se belofte: Hy sal uiteindelik reg laat geskied. Dit gebeur nie dikwels in ons leeftyd nie, ook nie op die manier wat ons dit verwag het nie, maar God sal reg laat geskied. Hy sit op sy troon en Hy kyk tot in elke hart. Ons kan vertrou dat Hy sal doen wat reg is.

Aan hierdie kant van die ewigheid beleef ons nie altyd dat reg en geregtigheid die oorwinning behaal nie. Sommige dae voel dit vir ons of goedheid en regverdigheid aan die verloorkant staan. Maar ons kan vir seker weet dat ons regverdige God op die ou end sy volmaakte wil sal laat geskied. En hierdie versekering stel ons in staat om te rus in sy oppermagtige besluite. God kies dalk om die boosheid ’n ruk lank te laat voortduur. Soms sal geregtigheid seëvier. Wat ook al gebeur, die Here is regverdig en lief vir regverdige dade. Hy sit op sy troon en heers regverdig. Eendag sal ons Hom kan sien, en intussen kan ons op sy liefdevolle sorg vertrou.

En as ons God se kinders is, maak Hy ons ook sy erfgename. Saam met Christus deel ons in God se rykdom. As ons bereid is om saam met Christus te ly, sal ons sekerlik ook deel in sy heerlikheid. – Romeine 8:17

Bron: In die skadu van die Allerhoogste deur Nancy Taylor & Chris Johnsen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here Jesus dat U oorwinning namens my behaal het..dit wat ek nou op aarde beleef is net n beeld van wat vir my wag wat GLO….help my Here om beter te sien…ek vertrou volkome op U wil…Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.