Gedagte vir die dag: Die Here hou jou vas!

sonondergang_voels_vlieg_stiltetyd.jpg

Foto: kids-myshot.nationalgeographic.com

Bande van die dood het my omring. Vrees en verdriet het my oorweldig. Toe roep ek die HERE se Naam aan: “HERE, red my tog!” Die HERE beskerm die eenvoudiges. Ek was in nood, maar Hy het my gered. (Psalm 116:3-4, 6)

Daar is tye wat ’n mens sommer net onrustig is. Dalk voel jy vandag so en is dit sommer net tyd om diep asem te haal, rus by Hom te vind deur die onderstaande gebed deur ds. Peter Malan ’n paar keer deur te lees:

Here, U is my Herder wat ek so liefhet. Help my om te glo dat U alleen vir my meer as genoeg is as als om my wegval. Neem my vrees weg. Vul my met u vrede en gee dat ek vanaand rustig sal slaap. Leer my om ten spyte van teleurstelling steeds so te leef dat U daardeur verheerlik word. Hou my asseblief styf vas sodat hierdie doodsangs wat ek beleef my nie sal oorweldig nie. Help my om soos ’n kind te glo dat ek veilig in u hand is.

O Here, diep in my hart glo ek dat dinge eendag sal wees soos U dit bedoel het … ook vir my. U genade is genoeg en dit vervul my. Weet net dat ek U so liefhet en dat ek nie sal ophou om Jesus te volg nie. Dit sal ek doen tot die einde van my lewe op aarde.

Jou Vader is getrou in sy liefde en beskerming teenoor jou. Gaan leef vandag met dié stuk vrede in jou hart.

Hou my styf vas, asseblief, Here.

Bron:
Jou voetpad na vrede deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.