Gedagte vir die dag: Die Here is by jou

Bergklim-man-boekevat.jpg

Foto: telegraph.co.uk

Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan. (Jos 1:9)

Is hierdie nie die wonderlikste belofte nie! Hoe kan ’n mens nog bang wees as die Here vir jou sê Hy is self by jou, jy hoef nie bang te wees nie?

Ons is soms vir so baie dinge bang. Ons is bang vir die bekende, ons is bang vir die onbekende. Ons is bang vir die duisternis, maar ook vir die lig. Ons is vir soveel dinge bang dat dit ons later heeltemal verlam om enigiets te geniet. Ons is te bang om nuwe dinge te probeer en stagneer in ’n ongelukkige en saai lewe. Ons is later bang mense wat vol vrees na die wêreld kyk, maar tog smag ons om deel te wees van hierdie wêreld. Ons weet ons mis ’n klomp vreugde, maar ons vrees hou ons terug.

Miskien dink jy die Here het nog nooit vir jóú gesê wat Hy vir Josua gesê het nie. Tog is dit hier waar jy die fout maak. Dit staan in die Bybel en daarom sê Hy dit vir jou ook. Hou op bang wees, die Here is by jou. 

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

esme ·

Dankie God seen ons vandag Hy is onsGod Groot. Hy is ons troos ons krag Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.