Gedagte vir die dag: Die Here sal jou nie in die steek laat nie

Natuur_sonstrale_wolke_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Sommige vertrou op strydwaens en ander op perde, maar óns, ons vertrou op die Naam van die Here ons God. (Psalm 20:8)            

Baie jare gelede het ek in Zambië geboer. Toe ons na Suid-Afrika trek, het ek ons plaas verkoop. Dit was ’n groot en pragtige plaas, met ’n standhoudende rivier aan die een kant, huisies vir die werkers en groot graderingskure waarin ek hoenders aangehou het. Ons het ook ’n pragtige huis gehad. Gegrond op die waarde van die geldeenheid in daardie tyd en die waarde daarvan van dag, het my seun bereken dat ons daardie plaas verkoop het vir dieselfde bedrag as wat ’n kassie Coca-Cola vandag kos. Wat het gebeur? Die geldeenheid het gedevalueer. Dit het my laat besef dat ons nooit ons vertroue in geld kan plaas nie.

In wie plaas jy jou vertroue? Jy kan nie op geld vertrou nie. Die waarde daarvan kan verminder en dit sal niks werd wees nie. Jy kan nie jou vertroue in ’n organisasie, ’n plaas of ’n onderneming plaas nie. Dit kan bankrot speel, en jy sal alles verloor. Jy kan selfs nie op mense vertrou nie. Hulle kan jou in die steek laat.

Psalm 31:7 sê: “Ek haat mense wat waarde heg aan die niks werd afgode; my vertroue stel ek in die Here.” Hy is die een wat ons vertroue werd is. Die Here sal ons nooit in die steek laat nie. Hy sal sy beloftes nakom, want Hy kan nie aan Homself ontrou wees nie. Selfs al is ons ontrou, Hy bly altyd getrou.

Here, ek verklaar vandag met my hele hart dat ek kies om op U te vertrou. U is die getroue God wat my nooit in die steek sal laat nie. Ek loof u Naam.

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Kornel ·

Dankie Here dat U en U alleen altyd by ons staan. U hulp, genade en liefde is die grootste. Amen

Azil ·

Dankir Vader vir U hand van bewaring.
Help ons asb om gehoorsaam te wees aan U Woord.

Genieve ·

Dit was vemore my gebed dat ek weet U sal my nie verlaat of in die steek laat nie.
Baie dankie Here.

Von ·

Genadige Here aan U al die lof en die dank en die eer…..U net U alleen is ons lof waardig…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.