Almal wat u Naam bely, vertrou op U, want U, Here, laat dié wat vra na u wil, nie in die steek nie. (Psalm 9:11)
Daar was ’n getroude man en vrou in Gweru, Zimbabwe, wat nie kinders kon hê nie, maar besluit het om God hiermee te vertrou.
Hulle het besluit om te gaan na ’n byeenkoms waar ek gepreek het. Ons het die evangelie verkondig en hierdie vrou het vir die Here gesê: “Ek gaan U vandag vertrou. Wanneer hierdie man, wie hy ook al is, die mense vorentoe roep en sê hy wil bid vir mense wat nie kinders kan hê nie, sal ek vorentoe stap. Ek sal nie gaan as hy nie hierdie spesifieke versoek rig nie.” Toe ek die mense vorentoe roep, het baie hulle lewens vir Jesus gegee. Daarna het ons die diens afgesluit. Op daardie oomblik het ek bewus geword van die leiding van die Heilige Gees dat daar ’n paartjie in die skare was wat nie kinders kon hê nie. “Is daar iemand hier wat nie kan swanger raak nie en wat bereid is om vandag op God vir ’n kind te vertrou?” Hierdie vrou het saam met haar man vorentoe gehardloop. Huilend het sy daar gestaan. Ons het haar met olie gesalf, gelowig vir haar gebid en gesê: “Vertrou die Here.” Vandag het hulle twee pragtige kinders, ’n seun en ’n dogter.
Vertrou op die Here om in jou behoeftes te voorsien. Hy laat nooit dié wat na sy wil vra in die steek nie.
Here Jesus, ek plaas my vertroue vandag opnuut in U. Dankie vir u belofte dat U my nooit in die steek sal laat as ek met my hele hart na u wil vra nie.
Wie is soos U, HERE, SKEPPERGOD ALMAGTIG? Ek loof en prys U wat lewe uit dooie wortels laat uitspruit.
amen….dankie Here
Die afgelope klomp jare moes ek leer om noodgedwonge blindelings op die Here te vertrou. En Hy het my nog nooit in die steek gelaat nie.