Gedagte vir die dag: Die Here sal my styf vashou

liefde-hart-struik-muur

Foto: Pixabay/Pexels.com

Selfs al sou my pa en ma my verlaat, die Here sal my styf vashou. (Psalm 27:10)

Daar is niks wat by ’n ma se liefde kom nie. Dit is teer maar ook sterk, sagmoedig maar ook streng. ’n Ma sal enigiets vir haar kind doen, selfs sterf. Die proses om ma te wees is inderdaad ’n proses waarin jy aan jouself sterf. ’n Pa se liefde is net so standvastig en betroubaar. Altans, dit is soos God dit geskep het om te wees.

Maar sonde het ons hegste verhoudings geskend, ook die ouer-kind-verhouding. Soms kan dié mense wat ons die heel meeste moet ondersteun ons die heel seerste maak. Tog, selfs al gebeur die heel ergste denkbaar, selfs al sou ons ouers ons verwerp, sal God altyd daar wees vir ons. Hy hou ons styf vas en het ons lief met ’n liefde wat dieper en hoër en langer en breër is as die liefde van die heel liefdevolste ouer.

Of jou verhouding met jou ouers gekenmerk word deur liefdevolle ondersteuning of bitter verwerping, God is vir jou die volmaakte ouer. Hy sal jou nooit in die steek laat nie, jou nooit teleurstel nie en jou nooit verwerp nie. God voorsien in jou behoeftes. Hy hou jou styf vas wanneer jou hart stukkend is en Hy bemoedig jou wanneer jy moedeloos is. Stel jou die mees perfekte ouer voor, dié een wat elke aspek van liefde en dissipline in balans kan hou om ’n kind te help groei – God is dit vir jou en nog baie meer. Wat jou behoeftes ook al is, wat jou ook al seergemaak het, selfs al word jy verwerp deur almal wat veronderstel is om vir jou te sorg, jou hemelse Vader hou jou baie styf vas.

Soos ’n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor hulle wat Hom dien. – Psalm 103:13

Bron: In die skadu van die Allerhoogste deur Nancy Taylor & Chris Johnsen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here dat U my beter ken as ek self dat U my liefhet meer as wat ek verdien

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.