Gedagte vir die dag: Die huis op die rots

Storm_weer_see_rotse_stiltetyd_pixabay.jpg

Argieffoto: pixabay.com

Elkeen wat na my woorde luister en daarvolgens handel, is soos ’n verstandige persoon wie se huis op rots gebou is. Maar elkeen wat na my woorde luister en dit nie doen nie, sal wees soos ’n dwaas wie se huis op die sand gebou is. Wanneer daar ’n stortbui val, en die vloedwater afkom, en die stormwinde waai, sal daardie huis heeltemal inmekaarstort. (Matteus 7:24, 26-27)

Elkeen van ons is elke dag besig om aan iets te bou. Ons bou aan vriendskappe, ’n suksesvolle toekoms, ’n gelukkige gesinslewe. Ons kan ons lewe volgens die wêreld se metode bou deur geld, roem en mag as maatstaf te gebruik – of ons kan God se Woord as bouplan inspan. Die instruksies wat ons volg, sal uiteindelik bepaal of ons sukses behaal of nie.

Die Bybel bied vir ons die perfekte instruksies vir hoe om te lewe. Dit illustreer hoe vriendelikheid, vergifnis en liefde die basiese boustene is van vriendskap en familiebande. Hoe vrygewigheid en tevredenheid uiteindelik ook kan lei tot finansiële sekuriteit. Hoe gehoorsaamheid aan gesag ’n mens uit die moeilikheid hou en ’n goeie reputasie bou. Deur alles te doen asof ons dit vir die Here doen, voer ons God se wil vir ons lewe uit. Wanneer ons luister en ons lewe op sy Woord bou, hoef ons nooit bang te wees vir môre nie.

Here, help ons om ons huis op die rots van u Woord te bou. Help ons om in alle opsigte vir U te leef. Amen.

Bron: Hoop vir elke môre deur Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Yvonne

Amen