Gedagte vir die dag: Die huishouding van die Vader

 gesin.jpgGod het ’n huishouding waarvoor Hy liefdevol sorg. God se kinders toon dieselfde eienskappe. Indien gelowiges nie hierdie eienskappe toon nie, het hulle hul geloof in Jesus verloën.

Geloof in Jesus Christus is baie prakties. Om vir jou gesin te sorg beteken om in hulle behoeftes te voorsien. Dit is jou plig om hulle te beskerm en om by God vir wysheid en leiding te pleit.

Wat my en my gesin betref, ons het ons keuse klaar gemaak, ons gaan die Here dien. (Josua 24:15, Die Boodskap)

Wie sy huisgesin te na kom se lewe sal leeg en sinloos wees. (Spreuke 11:29, Die Boodskap)

Bron:
’n Anker vir die siel deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.