God het ’n huishouding waarvoor Hy liefdevol sorg. God se kinders toon dieselfde eienskappe. Indien gelowiges nie hierdie eienskappe toon nie, het hulle hul geloof in Jesus verloën.
Geloof in Jesus Christus is baie prakties. Om vir jou gesin te sorg beteken om in hulle behoeftes te voorsien. Dit is jou plig om hulle te beskerm en om by God vir wysheid en leiding te pleit.
Wat my en my gesin betref, ons het ons keuse klaar gemaak, ons gaan die Here dien. (Josua 24:15, Die Boodskap)
Wie sy huisgesin te na kom se lewe sal leeg en sinloos wees. (Spreuke 11:29, Die Boodskap)