Gedagte vir die dag: Die impak van ’n vrou wat bid        

Vrou_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die gebed van ’n gelowige het ’n kragtige uitwerking. (Jakobus 5:16)     

God die Vader word aangetrek deur iemand se opregte gebed. Wanneer ’n vrou haar hart uitstort voor die Here, soos Hanna (in 1 Sam. 1:11), kan Hy nie anders as om aangetrek te word deur haar versoek nie.

Die vrou is gemaak as “helper” vir die man (Gen. 2:18). Dit beteken baie meer as net ’n “assistent”. In wese beteken dit sy is sy beskermer. Wanneer ’n vrou in gebed gaan vir haar man beskerm sy hom en so vervul sy een van die doele waarvoor Vader haar gemaak het. Haar besondere sensitiwiteit versterk haar aan voeling vir die inwerking en leiding van die Heilige Gees wan neer sy bid. As sy geoefen raak hierin word sy ’n kragtige gebedskryger.

Die uitdaging is egter ons gejaagde leefstyl, soveel goed wat die aandag aflei, en ons selfgesentreerdheid. Eers wanneer ons bereid is om hierdie dinge neer te lê by die Vader se voete, kan Hy ons begin skool om ’n kragtige bidder te word. Gebed gaan nie oor kwantiteit of kwaliteit nie, dit gaan oor ’n passie vir God se teenwoordigheid. Ons is gemaak om Hom te geniet, om ons in Hom te verlustig. Dit gebeur tydens gebed. Dit vra egter dat ons Hom waarlik bo alle dinge stel. Om ’n brandende passie vir die Here te ontwikkel, is ’n eenvoudige keuse. Jy gee jou net oor. Dan kom lof en aanbidding op in jou hart as jy bid. Dan kom danksegging en dan vloei die woorde van jou hart voor die Here soos ’n bruisende rivier. En dan word ’n mens ook stil soos ’n gladde meer om te wag en te luister na die Vader se woorde.

Daaruit vloei gesels met en intersessie by die Here.

Vader, dankie vir die voorreg om u teenwoordigheid te kan geniet en u stem te kan hoor. Rig my op as ’n gebedskryger tot eer van u Naam. Amen.

Bron: Vroue van die Woord deur Jannie Pelser
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sophia ·

AMEN! In vandag se gejaagde lewe moet ons tyd maak vir ons Skepper, maar dit is die moeite werd om Hom te ken in alle omstandighede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.