Gedagte vir die dag: Die jaar wat verby is

Foto: Marianne Styan

Foto: Marianne Styan

Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is. (Ps 16:5, 11)

Hierdie jaar is amper verby en vir baie is dit ’n tyd van nadenke oor wat die jaar alles vir hulle ingehou het.

Net jy weet wat dié jaar met jou gebeur het. Jy weet hoe jy op sekere situasies gereageer het, en hoe jy diep in jou hart regtig daaroor voel. Net jy weet hoe jy mense behandel het en of jy lewens verbeter of vernietig het. Die vraag wat jy jou moet afvra, is of jy dink God is tevrede met hoe jy die jaar geleef het. Sal jy trots wees as alles openbaar gemaak word, of sal jy jou kop in skaamte laat sak?

Dit is nooit te laat om te verander nie. ’n Nuwe jaar is vir baie mense ’n nuwe begin. Ondersoek jou hart en kyk of jy nie dalk ook ’n nuwe begin moet maak nie. Moet jy werk aan jou verhouding met God of met mense? Moet jy jou gesindheid verander? Wat dit ook al is, vra God om vir jou te wys hoe jy hierdie nuwe jaar tot sy eer kan leef.

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.