Gedagte vir die dag: Die Koning kom weer

man_uitgestrekte_arms.jpg

praisethelord.com

Jesus sê toe weer: “Kyk, Ek kom gou! Ek bring die loon saam met My om elkeen te beloon vir wat hy gedoen het. Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde.” (Op 22:12-13)

Oor die wederkoms van die Here praat ons huiwerig. Nie omdat ons daaraan twyfel nie, maar omdat dit net te ver bo ons begrip is. Dis iets wat ons ons op geen manier in ons denke kan voorstel nie. Ja, ons luister na die Bybel en verstaan dat ook die Bybelskrywers die grootse gebeure met beelde en simbole beskryf. Een ding staan egter ondubbelsinnig duidelik: die feit dat Jesus weer kom. Oor die hoe en die waar en die wanneer van sy wederkoms het ons geen duidelikheid nie. Dat Hy kom, is reeds verseker en dit sal op God se tyd plaasvind. En in die Openbaringboek word daar met aanskoulike beelde oor die koms van die Here gepraat. Dit sal gebeur en dit sal onbeskryflik groots en heerlik wees, want dit sal die finale oorwinning inlui oor dood en hel en al die ellende wat daarmee saamgaan.

Ek wil graag die maand oor die Koning en sy ryk afsluit met die beeld van die ruiter op die wit perd in Openbaring 19:11, 1516. “Toe het ek gesien die hemel is oop. Daar was ’n wit perd. Sy Ruiter word die Getroue en die Betroubare genoem. Met regverdigheid oordeel Hy en voer Hy oorlog. Uit sy mond het daar ’n skerp swaard uitgekom om die nasies mee te tref, en Hy sal hulle met ’n ystersepter regeer. Op sy klere, by sy heupe, was daar ’n Naam geskrywe: ‘Die Koning van die konings en die Here van die heersers.’”

Kyk, Hy kom, ons Koning en ons Here!

Bron:
Nogtans sal ek hoop deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Christian de Wet ·

Verseker sal ons Betroubare Ruiter kom ja, so seker soos vandag is, Jesus Christus gee nie tyd of plek nie, jy moet ten alle tye waaksaam wees, Ek kom soos n dief in die nag, wees altyd waaksaam en bid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.