Gedagte vir die dag: Die Koning kom!

berge_kruis_stilteteyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Met Jesus in die middel van die optog het die skare uitgeroep: “Prys God vir die Seun van Dawid! Geseënd is die Een wat kom in die Here se Naam! Prys God in die hoogste hemel!” (Matteus 21:9)

Jesus se lydensweg is vinnig besig om ten einde te loop. Die volgende aantal dae het daar ʼn paar opspraakwekkende dinge gebeur. Alles het in die gees van afronding gestaan. Jesus se intog in Jerusalem was een van die uitstaande gebeurtenisse in dié tyd.

Jesus het hierdie intog deeglik beplan. Hy wou daarmee ʼn duidelike boodskap uitstuur oor wie Hy is. Wanneer Jesus op die donkie klim om die stad binne te gaan, is Hy besig om ʼn profetiese voorsegging te vervul. In Sagaria 9:9 staan daar: “Jubel, Sion! Juig, Jerusalem! Jou koning sal na jou toe kom. Hy is regverdig en hy is ʼn oorwinnaar, hy is nederig en hy ry op ʼn donkie, op die hingsvul van ʼn donkie” (Bybel in Afrikaans 1983/1992).

Die skare wat rondom Jesus vergader het, raak opgewonde. Hulle erken Hom as die Koning. Hulle sing tot sy eer en maak vir Hom die pad oop. Die pad na die kroon? Nee, die pad na die kruis. Maar, ja, dit was toe inderdaad die weg na sy Goddelike heerskappy.

Bron:
By waters van rus deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.