Gedagte vir die dag: Die krag van die Heilige Gees   

mense_vrolik_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuies wees tot in die uithoeke van die wêreld. (Hand 1:8)   

Toe ek ’n seuntjie was, was ek ’n introvert. Ek kon nie met meer as twee mense gelyk praat nie en wanneer ek ’n meisie gesien het, het ek weggehardloop so vinnig as wat ek kon. Ek het ongeveer vyftig kilogram geweeg, en aknee op my wange en knopknieë gehad. Hierdie seun wat nie met meer as twee mense gelyk kon praat nie, die jong man wat net graad tien behaal het, verkondig nou die goeie nuus van Christus aan duisende mense. Hoe is dit moontlik? Ek sal jou vertel wat gebeur het.

Ek het my lewe vir Christus gegee en die gawe van die Heilige Gees ontvang. God het my met sy Gees geseën en die Gees het my lewe heeltemal verander. Ek het nou die vermoë en die geleentheid om met mense oor die hele wêreld heen te praat. Ek het die voorreg ontvang om die evangelie van Jesus Christus aan duisende mense te verkondig.

Op die Pinksterdag is Petrus met die Heilige Gees gedoop en vervul. Met sy heel eerste preek het drie duisend mense hulle tot Christus bekeer. Dit is die krag wat ons vandag nodig het, die krag van die Heilige Gees wat deur ons werk om ’n verskil vir Christus in hierdie wêreld te maak.

Die bewys van die Heilige Gees in jou lewe lê in die woorde en dade wat uit jou lewe voortkom. Kan mense die krag van God se Gees sien in hoe jy leef ?

My Vader, dankie vir u gawe van die Heilige Gees. Heilige Gees, werk deur my om die wêreld vir Christus te verander. Amen

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Daniel ·

Dankie Maroela,het die boodskap baie geniet,Hou so aan,Jul bly TOPS

Bertie ·

Dankie Maroela, dat julle nog die goeie nuus wil verkondig!

koot ·

amen ……….. as ons mense net kan besef dit gaan ALLES om die VADER JESUS EN DIE HEILIGE GEES .. die woord se mos minder van ons meer van GOD
Dankie dit is kosbaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.