Gedagte vir die dag: Die krag van waarheid

reenboog_perde_veld_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Die waarheid bly in ons en sal ewig by ons wees. (2 Johannes vers 2)

Wanneer die waarheid van God in ’n mens se hart is, is daar niks wat dit daaruit kan haal nie. Ons beskou dit nie as ’n gas nie, maar as die meester van ons huis. Dit is ’n noodsaaklike deel van die evangelie. Dié wat die krag van die Heilige Gees ken – om die Woord te lees en in ons lewe toe te pas – sou eerder in stukke geskeur word as om van die evangelie af weggeskeur te word.

Duisend genadegawes word toegevou in hierdie versekering: Die waarheid sal vir ewig by ons wees. Dit sal ons ondersteun solank ons lewe en ons vertroos wanneer ons sterf. Dit sal ’n lied in ons hart wees en ons heerlikheid deur die hele ewigheid. Soos ons liefde vir God se waarheid groei, groei ons ook in liefde. Ons meelewing strek verby alle grense.

Bron:
Elke Nuwe Dag, Eenminuut-Oordenkings deur Charles Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.