Gedagte vir die dag: Die kroon van God se skepping

Aandster_Stiltetyd_See.jpg

Foto: en.wikipedia.org

God is lief vir jou en aanvaar jou – met die volle kennis van al jou mislukkings. Jy hoef nie aan sekere standaarde te voldoen om vir God se aanvaarding en liefde te kwalifiseer nie. God verklaar jou waarde nie op grond van prestasie of voorkoms nie, maar op grond van jou wese.

Jy is geskep na sy beeld. Jy is die waardevolste wese in die heelal, nie omdat jy oulik of goed is nie, maar omdat jy die kroon van God se skepping is.

Dit is God wat ons gemaak het, maar Hy het ons ook ’n nuwe lewe gegee as gevolg van wat Jesus Christus vir ons gedoen het. Sy doel met hierdie nuwe lewe is dat ons sal lewe soos Hy dit wil hê – dat ons die dinge sal doen wat Hy vooraf vir ons bepaal het. (Efesiërs 2:10, Die Lewende Bybel)

Wanneer ek opkyk na die naghemel en ek sien die werke van u vingers, die maan en sterre wat U in hulle plekke geplaas het, wat is die mens dat U aan hom dink? U het hom ’n bietjie minder gemaak as hemelse wesens, en hom gekroon met roem en eer. (Psalm 8:4-6)

Bron:
’n Anker vir die siel deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.