Gedagte vir die dag: Die kruis as die middel

Wolke_wederkoms_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Daar is net een God, en daar is net een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus. (1 Timoteus 2:5)

Die kruis van Christus is die sentrale gebeurtenis van die hele geskiedenis. Dit staan in die middel van alles! Wat bedoel ons daarmee?

Die kruis staan tussen God en mens. Jesus, die God-mens, die Middelaar, het tussen God en ons kom staan. Op die kruis het Hy God se geregtigheid – die volle sondestraf – op Homself geneem sodat die mens (wat dit aanvaar) God se volle liefde kan beleef.

Die kruis staan in die middel van die geskiedenis. Die hele Ou Testament was skadu’s en simbole wat vorentoe gewys het en in die kruis vervul is: die besnydenis, die offerstelsel, die Sabbat, elke Joodse fees! Aan die kruis het die ware Offerlam waarlik versoening gedoen, die ware Sabbatsrus ingelui. Ná die kruis, in die nuwe bedeling, leef ons met die kruis se resultate: genade, vrymoedigheid, liefde, die Heilige Gees, die oorvloed van God!

Ja, die kruis beteken vir ons alles! Sonder die kruis kan ons die evangelie nie verstaan nie. Geen wonder dis die sentrale simbool van die Christendom nie!

Dankie, Here Jesus, vir die kruis van Golgota. Dankie dat dit my hele lewe verander! Amen.

Bron: Hier is ek, Here deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Blomme

Amen

Yvonne

Here Jesus die grootste Geskenk wat hierdie wereld nog ooit gekry het…dankie Here vir die genade wat wk nooit kan verdien nie…Amen