Gedagte vir die dag: Die lewe is die moeite werd

Foto: pixabay.com

U trou is vir geslag na geslag, U het die aarde gevestig, en dit staan nog vas (Psalm 119:90)

“My dogter het haarself geskiet. Sy was 17.”  ’n Vrou het dit vir my vertel by ’n bedieningsgeleentheid, met die emosielose saaklikheid wat ontstaan wanneer ’n mens deur soveel smart reis. Sy het vir my vertel hoe lewenslustig haar dogter was. En hoe die leuen dat die lewe nie die moeite werd is om te leef nie op ’n manier in haar jong lyf ingesypel en daar wortelgeskiet het.

Ek het ná daardie byeenkoms huis toe gery, stadig en stil deur die mis, my oë stip gerig op die meter nat teer wat voor my motor sigbaar was. Ek het gedink: Geloof is soos om deur die mis te ry. Ons kan nie sien wat voorlê nie, maar ons ry in elk geval verder, want ons weet iewers voor ons sal die mis beslis opklaar.

As jy op die oomblik gekonfronteer word met ’n toekoms wat geen belofte inhou nie en jy weet nie wat om die draaie van môre se mistige paaie wag nie, onthou dat ons Skepper-Koning op die troon sit. Hy is getrou. Sy genade is elke oggend nuut. Hy antwoord ons gebede om wysheid. Hy lei ons kinders op hulle eie reise en daar is genoeg genade vir elke tree wat hulle in die toekoms sal gee, ’n toekoms wat ons nie noodwendig sal aanskou nie. Hulle sal hulle onseker dae kan hanteer omdat hulle God leef. En omdat die lewe die moeite werd is om te leef. Ja, dit is regtig die moeite werd.

Here, ek kan nie sien wat aankom nie, maar U kan. Daarom hou ek aan met my reis. Amen.

Bron: Reis lig deur die lewe deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie vir al U genade en seëninge Here. Amen!

Von ·

Dankie Here dat U reeds en steeds by ons is op al die lewens paaie

Lena Jonk ·

Geen lewensreis kan aangepak word sonder God nie, as ons dit nie doen nie gaan ons verdwaal, daar is te veel afdraai paaie wat satan ons wil wys.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.