
Foto: Pixabay.com
Laat ons die wedloop wat vir ons voorlê met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. (Hebreërs 12:1-2)
God se kinders het ’n voorsprong in die wedloop van die lewe. Hulle ken die geheim om weg te kyk van al die hindernisse in hulle pad en na Gód te kyk. Hulle weet dat Hy hulle tot aan die einde van die pad sal help, en dat hulle as oorwinnaars uit die wedloop sal tree as hulle op Hom vertrou.
Jou lewe hier op aarde is ’n wedloop. Alleen as jy jou oë op Jesus hou, sal jy nie geestelik moeg word en uitsak nie.
Jy kan net volhard as jy terugkyk én vorentoe kyk. ~ Die Bybellennium
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
God is ons beste Party. Hy sal die pad vir ons oopmaak op Sy tyd! Amen