Gedagte vir die dag: Die liefde van Christus

Liefde_seesand_Stiltetyd.jpg

Foto: Annelize Brits

Elkeen wat nie só liefhet nie, ken God nie persoonlik nie omdat God liefde self is. (1 Johannes 4:8)

1 Korintiërs 13 is die hoofstuk oor liefde, en as ons kyk na spesifiek vers 4-7 lees ons: “Die liefde is geduldig en vriendelik, die liefde is nie jaloers nie, die liefde blaas nie sy eie beuel nie, is nie vol van homself nie. Dit tree nie onwaardig op nie, stel nie sy eie belange voorop nie, is nie kort van draad nie, hou nie boek van die kwaad wat hom aangedoen word nie. Dit treur oor die onreg wat plaasvind, en juig as die waarheid seëvier. Die liefde bly stil oor ander se foute, dit bly steeds vertrou, dit hou aan met hoop, dit verduur alles.”

Jare gelede, toe ons in Sentraal-Afrika was met die groot geel lorrie, was ons eendag in die middel van nêrens. Ons was vir dae al op die pad, so ons het gestop en ons eenmantente opgeslaan. My vrou, Jill, was by my en ons het geslaap.

Ons het geen water gehad nie en boonop nie eens kans gehad om behoorlik te bad nie. Daar was ’n leë 200-liter-drom buite ons tent, en twee-uur daardie oggend het ons gehoor hoe water in die drom begin tap. Toe ek die volgende oggend opstaan, het die drom amper oorgeloop.

Waar het hierdie water vandaan gekom? Ons het later gehoor dit was ’n Zimbabwiese vrou wat lief is vir die Here wat in die nag opgestaan het en vier kilometer na ’n rivier toe geloop het met ’n emmer om vir ons vars water te gaan haal. Ons het nie geweet wie sy was nie. Sy het dit nie gedoen om ’n beloning of lofprysing te kry nie, maar omdat sy God en haar naaste liefhet. Daardie tipe liefde kan nie gekoop word nie, en jy kan dit nie terugbetaal nie.

Wees vandag lief vir iemand. Moenie dat iemand uitvind wie jy is of wat jy gedoen het nie. Die Here Jesus sal jou self daarvoor vergoed.

Bron: Alles wat ek nodig het deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Blomme

Amen… Die wêreld het meer liefdevolle mense nodig. Here maak my ń liefdevolle, omgee mens asb?

Samuel

Die liefde treur oor die onreg wat plaasvind, en juig as die waarheid seëvier. Die liefde bly stil oor ander se foute, dit bly steeds vertrou, dit hou aan met hoop, dit verduur alles.” Ai, die een is moeilik. Ek soek nie fout nie, maar ek bedink sommige uitsprake in die Bybel soos die een. Voorbeeld: As n sekere groepering mense aanmekaar beledig, sleg gese, verdruk en sonder rede aangeval word. (kortom, misdaad teen die mense gepleeg word) Is die teksvers nog van toepassing? Dit is so asof die mens homself moet oorgee en toelaat dat diesulkes wat so teen… Lees meer »