Gedagte vir die dag:  Die liefdevolle pa 

man_sonsopkoms_dink_denker_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Toe hy nog ver aankom, het sy pa hom al gesien en hom innig jammer gekry. Hy hardloop hom tegemoet, omhels hom en soen hom. (Luk 15:20)             

Kan jy jou voorstel hoe hierdie pa elke middag daar gaan staan en na die horison getuur het om te kyk of hy nie dalk sy seun sien aankom nie? Elke dag het hy geduldig vir sy seun gewag en gewonder: “Is hy dood? Leef hy? Sal hy ooit terugkom?”

Uiteindelik kom die seun toe op die plaas aan, net toe die son begin sak. Hy oefen sy verskoning aan sy pa weer en weer. Toe hy nog ver aankom, sien sy pa hom reeds. Kan jy jou die vreugde in die pa se hart voorstel? ’n Gebroke kind, in vodde, vuil, nie net liggaamlik nie, maar ook geestelik, wanhopig, maar die pa roep uit: “Is dit jy, my seun? Is dit jy?” Die seun lig sy hande op en sê: “Dis ek, Pa.” Sy pa hardloop in die pad af na sy seun toe, gooi sy arms om hom en soen hom.

“Pa,” sê die seun, “moenie aan my raak nie. Ek is vuil!”

Sy pa antwoord: “Seun, jy was verlore en ons het jou te rug gekry!”

Dít is die liefde wat die Here vir jou het. Ongeag wat jy ge doen het, jy kan altyd na Hom toe teruggaan. Hy sal jou in sy arms neem en jou verwelkom. Hy sal vir jou sê: “My kind, welkom tuis. Jy was verlore en nou het Ek jou teruggekry.”

Here my God, bring my terug na U toe en na die lewe wat U wil hê ek moet leef. Doen dit elke keer wanneer ek wegdraai van die goeie lewe af. Ek wil op u pad deur die lewe stap.

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

HOBBO ·

Dankie vir U genadige liefde my Heer. Hierdie kan ek getuig.

LM ·

Genade onbeskryflik groot het U ook aan my bewys. N wegloop kind nou weer by die Vader se voete.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.