Gedagte vir die dag: Die lieflikste Vader

Clarens_Reint_Dykema.jpg

Foto: Reint Dykema

“Julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra.” (Matt 6:8)

Hierdie woorde is ’n groot vertroosting. Net die woorde “julle Vader” is al klaar ’n groot lafenis. Ek weet nie hoe jou aardse pa was of is nie, maar ek weet God die Vader is baie beter. Hy is ’n ware Vader. Sy sorg en liefde is son der gebreke en sonde.

By Hom is jy nooit verleë nie en by Hom hoef jy nooit te “presteer” om liefgehê en geag te word nie. Jy hoef net by Hom te wees. Hy staan ook nie onverskillig teenoor jou nie. Hy ken jou soos die palm van sy hand. Daar is nooit enige rede om Hom te wantrou nie. Hy is lief vir jou, Hy sorg vir jou – selfs meer as wat jy jou kan indink.

Moenie dat die skender-van-karakter en meester van wantroue jou enigiets anders van God die Vader probeer vertel nie. Luister slegs na wat Jesus van die Vader sê. Hy lê op die Vader se bors!

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Deon Janse van Rensburg ·

Dankie dit is so waar ,ons moet weet wat Jesus ons van Onse Vader sê maar wat ook baaaaaie belangrik is is om te weet wat sê Jesus van jou. Wie is jy ? Koningskind. Moenie luister en glo wat die duiwel van jou sê nie , hy lieg, lees wat sê God van jou en bou jou identityd da op. Weet wie is in Christus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.