Gedagte vir die dag: Die lig oorwin vir altyd

Foto: pixabay.com

Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wêreld toe. Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. (Johannes 1:9, 14)

Jesaja voorspel ook dat die volk wat in duisternis lewe, ’n groot lig gesien het (vgl. Jes. 7:1). Johannes skryf dat Jesus, die ware, goddelike Lig, na die wêreld toe gekom het. Hy is die Woord van God wat mens geword en onder ons kom woon het.

Jesus het na die aarde gekom om lig te maak in ons sondedonkerte. Met sy geboorte behaal die lig eens en vir altyd die oorwinning oor die duisternis.

In ’n donker nag kan een kers ’n wêreld se verskil maak. ~ Johan Smit

Bron: Hoop vir vandag deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.